Dis al Wonderboompoort se 15e sendingfees! En hierdie keer 'n dubbele een. Ds Sakkie Weber lei die dienste in die kerk terwyl ds Christo Bester (van Kinder EE3) die kindersendingfees in die saal doen. 'n Paar dinge om na uit te sien: Sondag 5 Sept 9:00 afskop van sendingfees. (Kindersendingfees in saal). En natuurlik die uitstallers en sendelinge om na die diens mee te praat. Ma-Do (6-9 Sept) 18:30 parallelle dienste vir volwassenes en kinders. Donderdag is die diens as 'n getuienis-geleentheid ingerig. Sat (11 Sept) 'n Sendingstap - met 'n kruis om die nek deur ons omgewing Son 12 Sept - Die diens 9:00 met die opneem van geloofs-belofte-offers. 11:30 is dit 'n gemeente piekniek-ete op die grasperk. (Vure, pap en sous word voorsien) |
