KENNISGEWINGS

KLEINGROEP KERKWEES 2012
Soos ook elders op ons webwerf opgemerk kan word fokus ons hierdie jaar om ons kleingroepbediening uit te brei.
Die besluit om deel van `n kleingroep te word kan dalk die belangrikste besluit van `n mens se lewe wees. Nie net verseker dit geestelike groei in ons lewens, wat ons almal so nodig het nie, maar dit berei ons ook voor vir daardie dag wat elkeen tot rekenskap geroep sal word.
Ons nooi almal, gesinne en/of enkellopendes, uit om deel van ons fokus te word.
Kleinroepe vergader elke aand van die week van Maandae tot Donderdae en dan ook op Vrydag oggende.
Indien u wil aansluit voltooi slegs die "kontakvorm" op die webwerf, meld u naam, adres en u voorkeur van watter tyd u sou verkies om by te woon. Die res sal vir u gedoen word.
Ons sien uit  daarna om u te verwelkom by ons kleingroep familie.
Die Kerkraad.
Nuus‎ > ‎

DIENS VAN BARMHARTIGHEID – DESEMBER 2011 BRING HOOP EN MAAK `N VERSKIL

posted 12 Dec 2011 09:34 by Willie Naude   [ updated 12 Dec 2011 10:37 by Corrie Naude ]



Wonderboompoort gemeente aan die werk in `n poging om werlik  `n verskil te maak.










`n Deel van die 74 geskenkpakkies wat vir inwoners van die Holy Cross tehuis voorberei word. Die oorhandiging voor Kersfees is `n jaarlikse instelling wat deur ons gemeente van stapel gestuur word.













Helpers van die koskombuis wat op 9 Desember 2011 gehelp het om 59 spesiale vyfster kersetes voor te berei vir behoeftige mense.
















Kersgeskenke vir Pennies se kleuters asook pennies se “Ultimate Christmas” projek. Die kleuters se geskenke en die kos en kruidenierspakkies vir die 350 behoeftige middestad-gesinne is besig om al meer te word in die kerk se voorportaal.