KENNISGEWINGS

KLEINGROEP KERKWEES 2012
Soos ook elders op ons webwerf opgemerk kan word fokus ons hierdie jaar om ons kleingroepbediening uit te brei.
Die besluit om deel van `n kleingroep te word kan dalk die belangrikste besluit van `n mens se lewe wees. Nie net verseker dit geestelike groei in ons lewens, wat ons almal so nodig het nie, maar dit berei ons ook voor vir daardie dag wat elkeen tot rekenskap geroep sal word.
Ons nooi almal, gesinne en/of enkellopendes, uit om deel van ons fokus te word.
Kleinroepe vergader elke aand van die week van Maandae tot Donderdae en dan ook op Vrydag oggende.
Indien u wil aansluit voltooi slegs die "kontakvorm" op die webwerf, meld u naam, adres en u voorkeur van watter tyd u sou verkies om by te woon. Die res sal vir u gedoen word.
Ons sien uit  daarna om u te verwelkom by ons kleingroep familie.
Die Kerkraad.
Nuus‎ > ‎

Die afsluitings het afgesluit!

posted 28 Nov 2010 21:58 by Naude Kritzinger
Met die kerssangdiens wat gister-aand was, is die meeste aktiwiteite reg om te estiveer (te somerslaap) oor Desember. Onder andere die snr bybelstudie by Bugatti's, Die kleuterkerk by Wonderboom en die jnr kategese het sommer 'n hele diens geskaak en vir almal vertel wat die evangelie nou regtig is. Dankie vir almal en 'n geseende kerstyd vorentoe! Ek is seker die Here bepan groot dinge vir ons vir 2011.