Ons is dankbaar vir 'n geseende Sendingfees. Mag die boodskap van Ds Sakkie Weber ons vir altyd bybly: Ons is almal geroep; al is dit dalk nie almal op die voorpunt nie. Jy kan sê "Ek wil nie" maar jy kan nie sê "Ek is nie geroep nie". En die kinders het opgewonde geraak oor ons wat as die kerk WereldWydWerk En die sendingstap (Crosswalk). En, en, en.... MAAR daar lê nog 'n groot uitdaging voor: Die geloofsbelofte-offer het 41.72% geval na R245 000. Vertrou saam met ons dat nog beloftes en finansies sal inkom sodat ons nie aan hierdie werk hoef te sny nie.  |