KENNISGEWINGS

KLEINGROEP KERKWEES 2012
Soos ook elders op ons webwerf opgemerk kan word fokus ons hierdie jaar om ons kleingroepbediening uit te brei.
Die besluit om deel van `n kleingroep te word kan dalk die belangrikste besluit van `n mens se lewe wees. Nie net verseker dit geestelike groei in ons lewens, wat ons almal so nodig het nie, maar dit berei ons ook voor vir daardie dag wat elkeen tot rekenskap geroep sal word.
Ons nooi almal, gesinne en/of enkellopendes, uit om deel van ons fokus te word.
Kleinroepe vergader elke aand van die week van Maandae tot Donderdae en dan ook op Vrydag oggende.
Indien u wil aansluit voltooi slegs die "kontakvorm" op die webwerf, meld u naam, adres en u voorkeur van watter tyd u sou verkies om by te woon. Die res sal vir u gedoen word.
Ons sien uit  daarna om u te verwelkom by ons kleingroep familie.
Die Kerkraad.
Nuus‎ > ‎

Barmhartigheidsdiens in Wonderboompoort aan die werk.

posted 2 Dec 2010 23:54 by Corrie Naude   [ updated 6 Dec 2010 01:27 ]
Die Sopkombuis verskaf `n vyfster ete
.
Op 26/11/2010 het die span werkers 55 borde watertand etes saam met `n nagereg, koekies en geskenkies aan behoeftige persone voorsien. Die ete is gegee ter afsluiting van die jaar se werksaamhede en ook om al die betrokkenes `n geseende kersfees en `n voorspoedige nuwejaar toe te wens.
Geskenkpakkies vir Holy Cross.
Op 2 Desember 2010 is 84 geskenkpakkies verpak wat aan inwoners van die Holy Cross inrigting geskenk gaan word vir kersfees.
 
Baie dankie aan al die persone wat so hard gewerk het. Dankie ook aan die gemeente wat geskenkies gegee het aan die kinders van Pennies. Hulle hartjies gaan voorwaar baie bly gemaak word.

`n Klompie van die hardwerkendes kan in beeld gesien word.(kliek op foto om te vergroot)