KENNISGEWINGS

KLEINGROEP KERKWEES 2012
Soos ook elders op ons webwerf opgemerk kan word fokus ons hierdie jaar om ons kleingroepbediening uit te brei.
Die besluit om deel van `n kleingroep te word kan dalk die belangrikste besluit van `n mens se lewe wees. Nie net verseker dit geestelike groei in ons lewens, wat ons almal so nodig het nie, maar dit berei ons ook voor vir daardie dag wat elkeen tot rekenskap geroep sal word.
Ons nooi almal, gesinne en/of enkellopendes, uit om deel van ons fokus te word.
Kleinroepe vergader elke aand van die week van Maandae tot Donderdae en dan ook op Vrydag oggende.
Indien u wil aansluit voltooi slegs die "kontakvorm" op die webwerf, meld u naam, adres en u voorkeur van watter tyd u sou verkies om by te woon. Die res sal vir u gedoen word.
Ons sien uit  daarna om u te verwelkom by ons kleingroep familie.
Die Kerkraad.
Nuus‎ > ‎

Aandnagmaal in kleiner groepe bedien

posted 1 Feb 2010 00:48 by Naude Kritzinger   [ updated 1 Feb 2010 01:38 ]
Sondag was die eerste nagmaal van die jaar. Ds Wouter het in die oggend gepraat oor "Is iemand oorgeslaan?" Corne du Plooy, ons sendeling in Frankryk het ook gedeel oor die oorgeslaandes in hierdie land.

In die aand het ons gesien hoe soveel verskillende karakters saam met Jesus aan tafel kan wees. Watter een is jy? 'n Petrus, 'n Johannes, 'n Thomas of miskien selfs 'n Judas? Vir die eerste keer in ons gemeente is die tekens toe bedien in die kategese (nee: GPS!)-klasse. Kyk by "preke" vir die powerpoint met notas by.