Die Sopkombuis verskaf `n vyfster ete. Op 26/11/2010 het die span werkers 55 borde watertand etes saam met `n nagereg, koekies en geskenkies aan behoeftige persone voorsien. Die ete is gegee ter afsluiting van die jaar se werksaamhede en ook om al die betrokkenes `n geseende kersfees en `n voorspoedige nuwejaar toe te wens. Geskenkpakkies vir Holy Cross. Op 2 Desember 2010 is 84 geskenkpakkies verpak wat aan inwoners van die Holy Cross inrigting geskenk gaan word vir kersfees. Baie dankie aan al die persone wat so hard gewerk het. Dankie ook aan die gemeente wat geskenkies gegee het aan die kinders van Pennies. Hulle hartjies gaan voorwaar baie bly gemaak word. `n Klompie van die hardwerkendes kan in beeld gesien word.(kliek op foto om te vergroot) |