SPESIFIEKE OPDRAG:
Die
vestiging van meer KLEINGROEPE
sodat soveel as moontlik lidmate daarby betrokke kan raak.
Doelwit:
Om
Wonderboompoort mettertyd in `n kleingroepgemeente te transformeer sodat
die gemeenskap van die heiliges, en die geestelike bediening van lidmate
meer effektief kan raak. En dat die gemeente se roeping “Die Here stuur Wonderboompoort na verwonde gesinne” al meer
vergestalte in lidmate sal vind.
Aksiestappe: (Lees saam met ooreenkomstige para. onder
Verantwoordelikheid hieronder)
1.
Deur `n kanselkleed vir 2012 te ontwerp en te laat maak sodat dit gedurende
middel Januarie 2012 gereed sal wees vir vertoning in die kerk. Die
kanselkleed moet `n uitbeelding van kleingroepe bevat met die woorde “Kleingroep-kerkwees”
daarop.
2. Deur
die bestaande kleingroepe te motiveer om te poog om hulle getalle binne 12
maande van 12 tot 24 te verdubbel.
3. Deur
`n motiveringsgeleentheid
vir alle leiers in die gemeente te reël sodat ’n gemeentelike poging van
stapel gestuur kan word.
4. Deur vooraf opleidingsmateriaal vir
kleingroepleiers te bekom en opleidings geleenthede vir nuwe
kleingroepleiers te reël.
5. Deur alle bestaande kleingroepleiers
voor die gemeente te bevestig volgens ’n kleingroep instellingsformulier
wat vooraf opgestel en deur die kerkraad goedgekeur moet word.
6. Deur die name van gemeentelede wat aan
kleingroepe behoort uit geografiese kerklike wyke te verwyder en nuwe
nie-geografiese rekenaarwyke vir hulle te skep.
7. Deur ’n besoekprediker naamlik, ds. Dirkie
vd Spuy van Moreletapark, gedurende
Jan. 2012 te reël om oor die
noodsaaklikheid van kleingroepe te preek.
8. Deur ’n
inligtingsessie aan alle nuwe kleingroepleiers aan te bied en hulle
daardeur toe te rus en te motiveer vir die belangrike taak wat hulle moet
vervul.
9. Deur elke bestaande
kleingroep te versoek om vir ’n
spesifieke maand voorbidding te doen vir die verkondiging van Sy Woord
binne ons gemeente. Om in te tree vir die predikers by name wat die eersvolgende
Sondag se eredienste sal lei. Ook doelgerig te bid vir die eredienste self en
ook vir elke kleingroepbyeenkoms wat in die komende week sal plaasvind.
10. Deur so dikwels as moontlik en tydens
eredienste klem te lê op kleingroepe en ook op die ander bestaande
fokusareas.
11. Deur
gereelde artikels oor kleingroepe en ons ander fokusareas in die
Wondernuus te laat verskyn.
VERANTWOORDELIKHEID
1. Die Dagbestuur om die ontwerp
met die kerkraadslede te kommunikeer en daarna die banier te laat maak en
in die kerk aan te bring.
2. Die Voorsitter van Kleingroepe asook
al die bestaande kleingroepleiers is gesamentlik verantwoordelik om die
aksiestap te laat realiseer.
3. Die Dagbestuur om alle reëlings te
tref en die geleentheid aan te bied.
4. Ds. WH de Vos en ds. JN Kritzinger is
gesamentlik veranwoordekik om die opleidingsmateriaal te bekom. Die
Voorsitter,Kleingroepe in samewerking met die twee predikante moet die geleenthede reël en ook
om die opleiding te verskaf waar daar sodanige behoeftes voor is.
5.
Ds. WH de Vos en ds. JN Kritzinger is gesamentlik veranwoordekik om
die instellingsforulier te bekom en vir goedkeuring aan die kerkraad voor
te lê. Hulle sal ook die bevestiging van die kleigroepleiers so spoedig
moontlik in die begin van 2012 waarneem en af handel.
6. Die Gemeentebestuurder, in
samewerking met die leiers van die ouderlinge en diakens moet gesamentlik
die proses bepaal en dit op die mees praktiese wyse implementeer.
7. Ds. WH de Vos om die nodige reëlings
te tref.
8. Die Voorsitter van Kleingroepe in
samewerking met die twee predikante.
9. Die Voorsitter van die kleingroepe
moet die predikante se preekbeurte aan die betrokke kleingroepleiers
verstrek en die aksie koördineer.
10. Beide predikante is verantwoordelik
om uitvoering te gee.
11. Ds. W de Vos is verantwoordelik om die
artikels te plaas sovêr dit moontlik is, in elke uitgawe van die
Wondernuus wat verskyn.
|