2011(Jan-Jun) FOKUS AREA NR. 2. BYBELSE VORMING. LANGTERMYN DOELSTELLING NR.3. SPESIFIEKE OPDRAG: Die skep, bevordering en instandhouding van Bybelse vorming in die gemeente. (prediking, kleingroepe ens.) Doelwit: Om die mense van Wonderboompoort toe te rus, op te lei en te bedien met die Woord van God. Aksiestappe: (Lees saam met ooreenkomstige para. onder Verantwoordelikheid hieronder) 1. Deur gedurende die jaarlikse kerkraadsbeplanning van 2009 oorweging te skenk aan `n projek of program wat daarop gerig is om Bybelstudiegroepe en Kleingroepe in die gemeente uit te brei en/of opnuut daarop te fokus sodat `n herlewing teweeg gebring kan word. 2. Deur so dikwels as moontlik op Sondae in die kerk oor Bybelse vorming te preek. 3. Deur die onderwerp van Bybelse vorming ten minste een maal per maand tydens kleingroep byeenkomste te behandel. 4. Deur gereelde artikels oor Bybelse vorming, riglyne vir persoonlike lees van die Bybel en die Bybel teenoor persoonlike groei, in die Wondernuus te laat verskyn. 5. Deur `n doelgerigte
poging van stapel te stuur om gedurende die tyd “Wandel in die Woord” tydens vergaderings, en huisbesoeke te
vestig. VERANTWOORDELIKHEID 1. Die Voorsitters van die Herderlike kommissie en Gemeentebediening moet dit insluit by die jaarlikse beplanning en voorlegging aan die kerkraadsbeplanning vergadering maak. Oudl. F Bergh moet die punt op agenda plaas vir bespreking tydens die kerkraadsbeplanning van 2008. 2. Ds. W de Vos en N Kritzinger is elk afsonderlik verantwoordelik vir die aksiestap in die diens wat hy lei. 3. Die predikante sal onderling reël om gepaste onderwerpe aan die kleingroepleiers te voorsien Ds. W de Vos sal die voorbereiding van die onderwerpe koördineer tussen hom en ds. Kritzinger en oudl. D du Toit sal die aanbieding daarvan in die kleingroepe koördineer. 4. Ds. W de Vos is verantwoordelik om die artikels te plaas sovêr moontlik, in elke uitgawe van die Wondernuus wat verskyn. 5. Kommissievoorsitters
moet kennis neem en implementeer. TYDLYN Hierdie doelstelling sal vanaf Jan. tot Junie 2010 fokus geniet. 2011( Jul – Des) FOKUS AREA NR. 3. VERANDERING TOT GOD SE HEERSKAPPY LANGTERMYN DOELSTELLING NR.4. SPESIFIEKE OPDRAG: Die kweek van `n bereidheid by gemeentelede om te verander tot God se heerskappy. Doelwit: Om die mense van Wonderboompoort toe te rus, sodat elkeen bereid sal wees om verandering in sy lewe te skep wat tot God se heerskappy sal bydra. Aksiestappe: (Lees saam met ooreenkomstige para. onder Verantwoordelikheid hieronder) 1. Deur so dikwels as moontlik op Sondae in die kerk oor verandering tot God se heerskappy te preek. 2. Deur die onderwerp van verandering tot God se heerskappy ten minste een maal per maand tydens kleingroep byeenkomste te behandel. 3. Deur gereelde artikels
oor verandering tot God se heerskappy in die Wondernuus
te laat verskyn. AAN WIE WORD DIE VERANTWOORDELIKHEID GEGEE 1. Ds. W de Vos en N Kritzinger is elk afsonderlik verantwoordelik vir die aksiestap in die diens wat hy lei. 2. Die predikante sal onderling reël om gepaste onderwerpe aan die kleingroepleiers te voorsien. Ds. W de Vos sal die voorbereiding van die onderwerpe tussen hom en ds. Kritzinger koördineer. Oudl. D du Toit sal die aanbieding daarvan in die kleingroepe koördineer. 3. Ds. W de Vos is
verantwoordelik om die artikels te plaas sovêr dit moontlik is, in elke uitgawe van die Wondernuus wat verskyn. TYDLYN Hierdie doelstelling sal vanaf Junie tot einde Desember 2010 fokus geniet.
Terms Report Abuse Print page Remove Access | Powered by Google Sit |

