|
VENNOOTSKAP VAN GESTUURDE GEMEENTES (VGG) Die Langtermynbedieningsplan (LBP) spruit voort uit `n 3 jaar lange proses van ondersoek en beplanning wat deur die Taakspan van die VGG in samewerking met die gemeente uitgevoer is. Die Taakspan het hiermee sy opdrag afgehandel en die dokument is nou die eiendom en verantwoordelikheid van die Kerkraad, Wonderboompoort. Die Kerkraad betuig graag hiermee sy dank en waardering aan alle persone wat aan die Taakspan of andersins, verbonde was. Die harde werk, tyd en opofferings word waardeer. Mag hierdie plan die gemeente help om die pad van gestuurdheid te stap soos die Here dit van ons verwag. Mag dit ons ook help om in ons eie geloof so te groei dat dit tot eer en verheerliking van ons Hemelse Vader sal wees.
FOKUS AREAS. Ter nastrewing van ons roeping sal die oorhoofse oogmerk wees om `n kultuur van gestuurdheid in die gemeente te vestig. Hierdie oogmerk moet behou word gedurende die duur van die hele plan. Onderstaande is die gemeente se fokus areas:- 1. Afhanklikheid van die Heilige Gees. (veral gebed) 2. Bybelse vorming. (prediking en kleingroepe) 3. Verandering tot God se heerskappy.
VERANTWOORDELIKE PERSOON/GROEP MET VOLMAG Die persone word aangedui onder die betrokke kolomme. Hulle het die Kerkraad se volmag om besluite te neem en diskresies uit te voer. Waar daar egter enigsins van die planne afgewyk word, moet die verantwoordelike persone die afwyking voor die Kerkraad verantwoord.
TYDSKAAL Die tydskale moet eerbiedig word teneinde die implementering van die globale plan in perspektief te laat geskied.
EVALUERING PROSES Vordering van hierdie plan sal vanaf die datum van goedkeuring deur `n evalueringspan gedoen word. Die evalueringspan sal bestaan uit gemeentelede wat nie op die kerkraad dien nie en sal hulle bevindinge aan die kerkraad rapporteer soos en wanneer die kerkraad dit bepaal. Dit sal egter ten minste twee maal per jaar geskied.
JAARLIKSE BEPLANNING DEUR KOMMISSIES Hierdie plan moet saam met die goedgekeurde jaarlikse planne van die verskillende kommissies gelees word.
WYSIGING OF VERANDERING AAN DIE BEDIENINGSPLAN Hierdie plan word slegs gewysig of verander nadat dit deur die Kerkraad bespreek en goedgekeur is.
GOEDKEURING Taakspan VGG : 19 Augustus 2008 Kerkraad : 11 November 2008 |