Die gemeente het in 1950 tot stand gekom met die afstigting van Daspoort. Die gemeente bedien die hele Mountain View en Suiderberg.
Ons is tans ongeveer 1341 belydende en 391 dooplidmate. Daar is 656 besoekpunte en die gemeente word deur 2 predikante bedien wat voltyds in diens staan.
Die gemeente se betrokkenheid by die Venootskap van Gestuurde Gemeentes het daartoe gelei dat die Kerkraad `n Langtermynbedieningsplan geïmplimenteer het wat vanaf 2008 tot en met 2011 sal strek. Dit is uit hierdie plan wat die gemeente se roeping "Die Here stuur Wonderboompoort na verwonde gesinne" voortgespruit het.
Interessante inligting.
'n 1.5km lange gebraaide sosatie (6 Mei 2000)
|