Wat
is die Vrouediens?
Alle
vrouelidmate is outomaties deel van die Vrouediens en is baie welkom
om betrokke te raak. Die
gemeente is verdeel in 8 Vrouedienswyke volgens die kerkraadswyke
(sien kaart ), maar enigiemand is welkom om by enige ander wyk in te
skakel. Elke
wyk het haar eie Bybelse vroue naam en 'n leidster en sekretaresse
neem leiding (sien kontakbesonderhede onder).Wyksleidsters
reël 5-6 wyksbyeenkomste per jaar by iemand aan huis. Daar
word ook 2-3 Vrouebyeenkomste per jaar in die kerksaal gereël
waarheen al die vroue in die gemeente uitgenooi word, met 'n spreker
oor een of ander aktuele onderwerp.
Die
jaarlikse Vrouekamp is gewoonlik 'n hoogtepunt op die kalender! (Sien
jaarprogram)
Die
Vrouediens lewer diens op verskeie terreine. Behalwe die gereelde
koppie tee Sondagoggende na die diens, word tee en toebroodjies ook
verskaf met begrafnisse. Met doop- en Nagmaalsgeleenthede word blomme
in die kerk voorsien, en met funksies soos die jaarlikse basaar beman
die vroue die stalletjies. 'n Jaarlikse onthaal word vir al die
senior burgers aangebied en die vroue is ook betrokke by al die ander
barmhartigheidsprojekte van die gemeente (Abraham Krielkinderhuis, sopkombuis, Holy Cross Ouetehuis ens.)
Elke
vrou in die gemeente is vir ons belangrik – jou spesiale gawes en
talente kan op 'n besonderse wyse tot eer van die Here aangewend
word. In wyksverband kan elke vrou deel vorm van vriendekring wat nie
net lekker saam werk nie, maar ook regtig vir mekaar omgee, mekaar
bemoedig en in mekaar se lief en leed deel. Indien jy nog nie
inskakel nie, kontak gerus vir Juckie de Vos (012-377 0206 / 083 296
4104)
Ander
projekte waarby die Vrouediens betrokke is:
Die
Gemeente Biblioteek:
Die gemeente biblioteek het so 10 jaar
gelede as inisiatief van die Vrouediens ontstaan. Die Vrouediens
borg ook die vrouetydskrifte, Lééf en Finesse wat gratis in die
biblioteek uitgeneem kan word. Geestelike boeke, veral talle Bybelse
romans, boeke oor die huwelik en vir gesinne, cd's, en dvd's kan
gratis uitgeneem word om elke vrou geestelik te verryk. Die
biblioteek is elke Sondagoggend net na die oggenddiens oop. (Kontak
gerus Juckie de Vos 012-377 0206 of Carina Wessels 012-379 2791).
Die
Kaartjiebediening
Ook 'n Vrouediens inisiatief!
Handgemaakte kaartjies word op 'n gereëlde basis gemaak en voorsien
om siekes en bedroefdes in die gemeente te bemoedig. Kaartjies word
ook vir ander geleenthede gemaak, soos onder meer vir die senior
burger onthaal, die weduweeklub , Kersfees en verjaarsdae ens. Van
die handgemaakte kaartjies word ook in die biblioteek verkoop om die
bediening mee te befonds. (Kontak gerus vir Geraldine Grobler as jy
betrokke wil raak 012-379 0119).
Die
Wonderstappers
'n Stapklub is 2010 begin deur 'n paar
dames van die Vrouediens. Elke Saterdagoggend 6:30 word daar vanaf
die kerk gestap, 3 of 5 km. Jy hoef nie stapfiks te wees nie, en dit
is ook nie net vir vroue nie - almal is welkom! Uitstappies word ook
gereël, soos oa die Dieretuinstap elke maand, die Klap-'n- Tekkie
tbv Danville Ouetehuis en die Spar Womens Challenge. Onthou net om
jou eie water, sonhoed en sonbrandroom te bring. 'n Pragtige stapklub
t-hemp is ook beskikbaar. (Kontak gerus vir Alta Barnes 012-377 3384/
082 466 8129 of Ria Gildenhuys 012-379 2050 / 082 908 8010.)
Die
Weduweeklub
Die weduweedames van die gemeente kom
die afgelope paar jaar elke 1ste Woensdagoggend van die maand 11:00
bymekaar om lekker te gaan saam eet. Daar bestaan 'n spesiale band
tussen die dames en hulle kuier gesellig saam en ondersteun mekaar op
'n besonderse wyse. (Kontak gerus Tannie Annie de Villies 012-379
1448.)
Die
Vrouebybelstudie
Elke Woensdagoggend 9:30 -10:30 word 'n
Bybelstudie vir al die dames wat in die oggend by die huis is, in die
konferensielokaal aangebied. Niemand is te jonk of te oud om te leer
of geestelik te groei nie! (Kontak gerus Ds Wouter de Vos 012-377
0206).
Die
borg-'n- koppie projek
Die tyd het aangebreek om nuwe
breekware vir die kerkkombuis aan te skaf. Graag neem die Vrouediens
vrymoedigheid om by elke vrouelidmaat – en natuurlik die mans ook
;-) te verneem of u nie 'n koppie, piering, beker, klein-of grootbord
of poedingbakkie wil borg nie. Koevertjies is beskikbaar in die
voorportaal van die kerk of by wyksleidsters. Merk asb wat u graag
sal wil borg, en handig in by wyksleidsters of plaas in die
kollektebordjie.Baie dankie dat u ook op hierdie wyse
dankie sê vir elke Sondag se gratis koppie tee!
Hoogtepunte
vir 2010
28
en 29 Mei: Basaar
Sixties!
Die gemeente se 60ste verjaardag word gevier!
21
Augustus: Koppie vir KANSA
KANSA
(Die Kankervereninging van Suid-Afrika) kom vertel van hulle rol om
die kankerpasiënt en familielede by te staan. 'n Kankerlyer kom gee
ook haar getuienis en belewenis van borskanker. Toegang/ donasie is
'n bandana @R25 (ten bate van KANSA)
17
-19 September: Vrouebederfnaweek
'n
MOET
vir elke vrou!
Vind
plaas by Pure Joy 4 ster Guest Lodge, net buite Pretoria. Die bekende
Radiokansel aanbieder Esti Geldenhuys en die vrolike en pittige
Elsabé Aldrich is sprekers. Baie bederf, baie kuier, baie alleentyd
en geestelike groeityd. Bespreek so gou moontlik om plek te verseker.
Slegs deposito nou nodig, kan maandeliks afbetaal word.
Wyksindelings
en kontakbesonderhede:
Ester: Enige jong
dames Leatitia Gouws 012-379 1678/ 082 4573951
Eunice: J1-2,
K1-3, L1-3, M1-2 Babs Koen 012-379 7975/ 082 563 1355
Lidia:
Suiderberg Rentia Strydom 012-377 1796/ 076 580 9781
Maria: G3-4,
H4-5, J3-4, K4-5 Rolien Becker 012-379 2212 /083 5177531
Mirjam: D1-2,
E1-3, F1, H1-3, G1 Barbie Badenhorst 082 749 8502
Rebekka: A3-4, B5,
C3-4, D3-4 Surita van Biljon 084 517 9386
Rut: A1-2, B1-4,
C1-3 Elise Greeff 082 260 1223
Sara: E4-6,
F2-4,D3 Rina Swart 012-379 8225/ 082 443 9207
Vrouediens Piekniek 27 Febr 10
Vroue wat belangstel word uitgenooi om te kom aansluit. Voltooi gerus die
kontakvorm en daar sal met u in verbinding getree word.