KENNISGEWINGS

KLEINGROEP KERKWEES 2012
Soos ook elders op ons webwerf opgemerk kan word fokus ons hierdie jaar om ons kleingroepbediening uit te brei.
Die besluit om deel van `n kleingroep te word kan dalk die belangrikste besluit van `n mens se lewe wees. Nie net verseker dit geestelike groei in ons lewens, wat ons almal so nodig het nie, maar dit berei ons ook voor vir daardie dag wat elkeen tot rekenskap geroep sal word.
Ons nooi almal, gesinne en/of enkellopendes, uit om deel van ons fokus te word.
Kleinroepe vergader elke aand van die week van Maandae tot Donderdae en dan ook op Vrydag oggende.
Indien u wil aansluit voltooi slegs die "kontakvorm" op die webwerf, meld u naam, adres en u voorkeur van watter tyd u sou verkies om by te woon. Die res sal vir u gedoen word.
Ons sien uit  daarna om u te verwelkom by ons kleingroep familie.
Die Kerkraad.
Bedienings‎ > ‎

Sending

Mattheus 28 vers 19 "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en ie Seun en die Heilige Gees,-"

Wonderboompoort het `n hart wat warm klop om die goeie nuus van Jesus tot aan die uithoeke van die aarde te neem. Daarvan getuig  die wêreldkaart voor in die kerk met die leuse:

"Elkeen moet help sodat almal kan hoor"

Ons bied jaarliks `n Sendingfees aan waar groot moeite gedoen word om dinamiese predikers te nooi, en sendelinge vanuit die uithoeke van die wereld van die groot dinge kom vertel wat  God doen. Die gemeente word jaarliks gevra om `n geloofsbelofteoffer te gee waarmee die gemeente verskeie sendelinge ondersteun. Hier onder is die sendelinge se detail met 'n opsommende gebedsversoek. Benewens die sendelinge is die gemeente ook by verskeie sending- en barmhartigheid instansies betrokke, bv Nehemia Bybelskool, Pretoria Evangelisasie en Nasorg (PEN), Heartbeat, World Thrust, Trans Wereld Radio, en Geopende Deure om net 'n paar te noem.

Ds Gawie Coetzee (wat ook by Nehemia Bybelinstituut betrokke is), is ons sendingkoördineerder.


SUID-AFRIKA (Jerusalem & Judea)


Annamarie Coetzee:

*  Bid dat God Annamarie sal seën in die skuif wat sy in haar bediening maak. Voortaan sal sy in Shekinah bediening in Bosbokrand werk; veral met weeskinders en bejaardes

* Bosbokrand is die omgewing met die grootste hoeveelheid toordokters in die land. Bid vir die geestelike stryd.

Minky Makubedu:

*  Bid vir die Here se seën op Minky en haar man Frank

*  Bid vir Minky en Frank (wat predikant is) se holistiese bediening "SizaBantwana" in Bosbokrand

Hendrik  en Ronel Groenewald:

*  Dank die Here vir die werk wat hulle in Stellenbosch doen onder die buitelandse studente

*  Bid vir hulle taalstudies met die oog op hulle werk

*  Na 'n korttermynuitreik na Peru, waar hulle lank as sendelinge was, voel hulle opnuut weer 'n roepstem daarheen. Bid vir duidelikheid vanaf die Here.






AFRIKA (Samaria)

MADAGASKAR:

Die politieke situasie in Madagaskar is onstabiel as gevolg van die staatsgreep vroeër vanjaar in daardie land. Bid asb vir politie

ke stabiliteit. Meer as 30 000 kinders word deur CEF (Child Evangelism Fellowship) se werkers bedien van wie ons die volgende 5 ondersteun:

 

Mamy:

*  Bid vir die 16 Good News klubs waarin hy weekliks 1761 kinders met die evangelie bereik

*  Bid vir sy dogterjie wat gesondheidsprobleme het

 

Tatienne:

*  Bid vir die 8 Good News klubs waarin sy weekliks 167 kinders met die evangelie bereik

*  Bid vir die vertaalwerk wat sy doen

 

Lala:

*  Bid vir die 17 Good News klubs waarin sy weekliks 1080 kinders met die evangelie bereik

* 

Dank die Here vir haar man wat haar ondersteun in haar werk en hulle nuwe baba dogter


Hanitra:

*  Bid vir die 26 Good News klubs waarin sy weekliks 903 kinders met die evangelie bereik

*  Bid vir haar in haar werk as leier van die Sondagskool in haar kerk

Domoina:

*  Bid vir die 30 Good News klubs waarin sy weekliks 800 kinders met die evangelie bereik


 NOORD-AFRIKA:

J&F:

* Ons sendeling en haar inheemse man het tans baie sekuriteitsprobleme omdat die staat baie streng met buitelanders is asook enige verkondiging van die evangelie. Daarom het sy gevra dat ons die foto en hulle name van die webwerf verwyder
 
* Bid vir die miljoene Moslems in hierdie land, en veral vir dié wat die egpaar bereik

                        TOT AAN DIE UITHOEKE VAN DIE WÊRELD                   

 FRANKRYK:

Corneille du Plooy:

*  Bid vir die Du Plooy-gesin. Sophie verwag hulle 4e kind!

*  Bid vir sy bediening in hulle gemeente in die stad Toulouse in die suide van Frankryk


FILIPPYNE:

Christo & Chungee  Vercueil:

*  Bid dat die Here hulle werk onder die Moslem Badjao-stam sal seën tsv talle teleurstellings

 



Persone wat graag betrokke wil raak kan die kontakvorm gebruik om hulle besonderhede te verstrek, waarna hulle `n oproep van een van die Sendingkommissielede kan verwag.