KENNISGEWINGS

KLEINGROEP KERKWEES 2012
Soos ook elders op ons webwerf opgemerk kan word fokus ons hierdie jaar om ons kleingroepbediening uit te brei.
Die besluit om deel van `n kleingroep te word kan dalk die belangrikste besluit van `n mens se lewe wees. Nie net verseker dit geestelike groei in ons lewens, wat ons almal so nodig het nie, maar dit berei ons ook voor vir daardie dag wat elkeen tot rekenskap geroep sal word.
Ons nooi almal, gesinne en/of enkellopendes, uit om deel van ons fokus te word.
Kleinroepe vergader elke aand van die week van Maandae tot Donderdae en dan ook op Vrydag oggende.
Indien u wil aansluit voltooi slegs die "kontakvorm" op die webwerf, meld u naam, adres en u voorkeur van watter tyd u sou verkies om by te woon. Die res sal vir u gedoen word.
Ons sien uit  daarna om u te verwelkom by ons kleingroep familie.
Die Kerkraad.
Bedienings‎ > ‎

Musiekbediening

1 Kronieke 25:1 "Dawid en die amptenare in beheer het die seuns van Asaf, Herman en Jedutun vir `n besondere diens afgesonder. Hulle was mense wat onder begeleiding van liere, harpe en simbale as profete opgetree


SANGGROEP


Die sanggroep olv Ds Naudé en Andri Nienaber tree gereeld tydens die oggenddienste op.  Hulle lei die lofprysing met 'n informele styl deur middel van instrumente soos keyboard, akoestiese kitaar, dromme, baskitaar en sangers.

Kontak Ds Naudé Kritzinger vir meer inligting


 


ORREL EN KOOR



Die orrel en sanggroep word afwisselend tydens die oggenddienste gebruik.

Diegene wat geseënd is met `n mooi stem en graag in die koor wil sing is baie welkom. Nuwe talent word voortdurend benodig.

Kontak orreliste Louise Visser vir meer inligting.



DIE 'BAND'



Tydens die aand se jeugbyeenkomste om 18:00 lei die jeug se band die Worship met 'n "rock"-styl. Frikkie Langenhoven is daar die leier.


Die kontakvorm kan ook gebruik word hetsy vir die koor of die sanggroep.