Die biblioteek is al vir etlike jare in bedryf en word goed deur gemeentelede ondersteun.
Behalwe Christelike boeke kan CD’s en DVD’s gratis uitgeneem word.
Die oudiobediening voorsien ook in ’n groot behoefte. Opnames van die eredienste word weekliks gratis aan ongeveer 40 bejaardes en siekes gegee.
Agt CD-spelers word op ’n uitleen basis aan lidmate verskaf. CD’s van die eredienste word ook tot die beskikking van drie ouetehuise gestel.
Die diens is verder uitgebrei en dagstukkies word deur ’n aantal lidmate voorgelees en op CD opgeneem om dan aan tien swaksiende en/of blinde persone beskikbaar gestel.
Persone wat graag hier betrokke wil raak kan die kontakvorm links onderaan die bladsy gebruik om hulle besonderhede te verstrek. |