Die aanddienste word hoofsaaklik op die jeug gefokus. Almal is egter welkom om hierdie dienste by te woon. Die aanddienste en kategese is geïntegreer in een ontmoeting, 18:00 die aand. Na die lofprysing word 'n boodskap of tema ingelui, waarna die kinders om 18:50 verdeel in hulle klasse waar die tema verder voortgesit sal word. Die studente en volwassenes wat die byeenkoms bywoon word aangemoedig om ook in geselsgroepe te verdeel. Ons verdaag gewoonlik 19:15 Tydens die aandbyeenkomste word sterk gefokus op die skoolgaande jeug. Die program van Bybelmedia, "Facebook" word tydens die byeenkomste gevolg. Enige navrae of voorstelle kan aangestuur word deur die kontakvorm links onderaan die bladsy te gebruik, of op die jeug se eie kontakvorm. Neem kennis dat jy geregistreer moet wees op Facebook vir toegang. Kliek en u sal outomaties na die registreerbladsy geneem word... |