KENNISGEWINGS

KLEINGROEP KERKWEES 2012
Soos ook elders op ons webwerf opgemerk kan word fokus ons hierdie jaar om ons kleingroepbediening uit te brei.
Die besluit om deel van `n kleingroep te word kan dalk die belangrikste besluit van `n mens se lewe wees. Nie net verseker dit geestelike groei in ons lewens, wat ons almal so nodig het nie, maar dit berei ons ook voor vir daardie dag wat elkeen tot rekenskap geroep sal word.
Ons nooi almal, gesinne en/of enkellopendes, uit om deel van ons fokus te word.
Kleinroepe vergader elke aand van die week van Maandae tot Donderdae en dan ook op Vrydag oggende.
Indien u wil aansluit voltooi slegs die "kontakvorm" op die webwerf, meld u naam, adres en u voorkeur van watter tyd u sou verkies om by te woon. Die res sal vir u gedoen word.
Ons sien uit  daarna om u te verwelkom by ons kleingroep familie.
Die Kerkraad.
Bedienings‎ > ‎

Kleingroepe



Daar is tans 13 kleingroepe wat weekliks byeenkom.
 
U word hartlik uitgenooi om saam met ons die gemeenskap van die gelowiges te kom ervaar.
 
Die kleingroepe is by uitstek die plek waar ons mekaar versterk in die geloof, mekaar ondersteun, mekaar koester en ook saam soos `n familie word.
 
Mense wat belangstel, voltooi asb. die kontakvorm en stuur dit aan ons.









WEDUWEEKLUB

Ons gemeente se weduwee-klub kom een keer per maand gesellig bymekaar. Kontak gerus vir Annie de Villiers (012 379 1448) as u by hulle wil inskakel, of meer te wete wil kom van hulle program.

Alle wewenaars kan op die foto links kliek. Dit maak pragtig groot oop. Daar is beslis iets vir die oog (Ds Joubert uitgesluit).


BYBELSTUDIES

Daar is twee vaste weeklikse bybelstudies gedurende die skoolkwartale. Beide word in die konferensielokaal gehou.

Woensdae om 9:30 is daar 'n vrouebybelstudie wat deur ds Wouter gelei word.

Donderdae om 9:30 is daar 'n Seniorbybelstudie wat deur Ds Naudé gelei word. Tans maak ons 'n studie van die evangelies en elke evangelie se agtergrond en spesiale beklemtonings.