KENNISGEWINGS

KLEINGROEP KERKWEES 2012
Soos ook elders op ons webwerf opgemerk kan word fokus ons hierdie jaar om ons kleingroepbediening uit te brei.
Die besluit om deel van `n kleingroep te word kan dalk die belangrikste besluit van `n mens se lewe wees. Nie net verseker dit geestelike groei in ons lewens, wat ons almal so nodig het nie, maar dit berei ons ook voor vir daardie dag wat elkeen tot rekenskap geroep sal word.
Ons nooi almal, gesinne en/of enkellopendes, uit om deel van ons fokus te word.
Kleinroepe vergader elke aand van die week van Maandae tot Donderdae en dan ook op Vrydag oggende.
Indien u wil aansluit voltooi slegs die "kontakvorm" op die webwerf, meld u naam, adres en u voorkeur van watter tyd u sou verkies om by te woon. Die res sal vir u gedoen word.
Ons sien uit  daarna om u te verwelkom by ons kleingroep familie.
Die Kerkraad.
Bedienings‎ > ‎

Barmhartigheid


Wonderboompoort gee om
.
Mattheus 5 vers 7 "Geseënd is die wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word."
Jakobus 2 vers 17 "So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood"


Die afgelope jaar het mooi dinge gebeur wat inderdaad bevestig dat Wonderboompoort uitreik na verwonde gesinne.

Die CMR se koskas word gereeld aangevul.

Pennies word op `n gereelde grondslag ondersteun deur ou klere, kos en ander lewensmiddele aan hulle te voorsien. 'n Paar van ons lidmate is vrywilligers by Pennies.

Gedurende September 2009 is daar geskiedenis gemaak toe daar met `n sopkombuis by die kerk begin is. Daar word nou elke maand kos voorsien aan meer as vyftig behoeftige mense asook ou mense in die gemeente.

Ons jare lange betrokkenheid by Abraham Krielkinderhuis is volgehou met ruim donasies, besoeke en 'n heerlike piekniek met die kleuters (Huis maroela) by die Wonderboom. Toe daar 'n dringende oproep op gemeentes gedoen is om te help om die heining om die kinderhuis te vervang, kon ons 'n R10 000 skenking uit die barmhartigheidsfonds doen.

Ons het ook gereelde kontak met die tehuis vir verswakte bejaardes in ons gemeentegrens, Holy Cross. Elke Sondag word 'n diens deur 'n ouderling of vrywilliger gehou.

Die kommissie is ook in 'n mindere mate betrokke by Bybelverspreiding. Ons bring nie net fisiese brood nie, maar eintlik die Brood van die Lewe.

 Hulp in die vorm van skenkings, kontant en nie bederfbare kos, asook mense wat kan help word dringend benodig.

Persone wat graag betrokke wil raak kan die kontakvorm gebruik om hulle besonderhede te verstrek, waarna hulle `n oproep van een van die Barmhartigheidskommissielede kan verwag.
U kan ook die voorsitter van Barmhartigheidskommissie direk kontak: Marie Morton: 073 167 4657 of 012 377 2669

ooOoo

Barmhartigheidomsendbrief Maart 2012

WIE IS VOOR DIE DEUR?

LEES: Matthéüs 25: 34 – 40

Ek was `n vreemdeling en julle het My herberg gegee ”(35).



In die klein Duitse dorpie is die nag koud en die wind begin stormsterkte waai. In hulle huis sit Conrad Cotta sy fluit en speel. Sy vrou Ursula berei aandete. Skielik hoor hulle bo die wind se dreuning `n soet, maak swak stemmetjie sing (ek gee die Engels soos Naismith dit gee): “Foxes to their holes have gone, every bird into its nest; but I have wandered here alone, and for me there is no rest.” `n Klop aan die deur en hulle maak oop. Hulle sien `n halfverkluimde en armoedige seun staan. Hy vra asb. ontferming. “Kom in seun,” sê Conrad, “ons gee jou kos en slaapplek vir die nag.” Ursula maak dadelik vir hom kos, maar voor hy kan eet, verloor die seun sy bewussyn van moegheid en honger. Hulle help hom, gee hom kos en `n bed. Naismith skryf: “He seemed such a worthy teenager, that, after praying about it, they decided to treat him as their own son. They sent him to school and he later entered a monastery where he found a Bible and he eagerly read it. From it he learned the way of salvation.”



Hy word so beïndruk deur wat hy in die Bybel lees, dat hy dit nie vir homself kon hou nie, maar net waar hy kom praat hy daarvan. Veral Romeine 5:“Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan…(V.1,2)”. Dit verwek spanning in die klooster waar hy moet studeer. Maar, min het Conrad en Ursula besef, hierdie eensame sangertjie wat hulle die nag in die hulle huis ingeneem het en versorg het, was niemand minder as Martin Luther, die groot hervormer nie.



Die voorkoms van `n saak, die duur van die geringe saak, bevat soms `n waarde waaroor ons bly sal wees dat ons aandag gegee het. Ons het ons God en Vader nodig om in Jesus, deur die Heilige Gees, vir ons raad te gee as ons dit vra.

Here, vandag wil ek u leiding en raad vra oor die saak waaroor aan die twyfel is.”