KENNISGEWINGS

GEMEENTEVERGADERING
Kennis word hiermee gegee dat die jaarlikse gemeentevergadering op
Dinsdag 31 Januarie 2012 vanaf 18.30 tot 20:00
in die kerk gehou sal word.
Dit is `n belangrike geleentheid vir die gemeente en u word vriendelik versoek om `n spesiale poging aan te wend om dit by te woon.
Tydens die geleentheid sal sake soos finansies, eiendomme en die belangrikse van almal, ons pad vorentoe, bespreek word.
Die vergadering sal min of meer 20:00 eindig waarna al die teenwoordiges op koffie, tee en verversings getrakteer sal word.
Almal is welkom. Ons hoop om u daar te sien.
Die Kerkraad.

Hoofblad

Onlangse Nuus

  • DIENS VAN BARMHARTIGHEID – DESEMBER 2011 BRING HOOP EN MAAK `N VERSKIL Wonderboompoort gemeente aan die werk in `n poging om werlik  `n verskil te maak. `n Deel van die 74 geskenkpakkies wat vir inwoners van die Holy Cross tehuis voorberei word. Die oorhandiging voor Kersfees is `n jaarlikse instelling wat deur ons gemeente van stapel gestuur word. Helpers van die koskombuis wat op 9 Desember 2011 gehelp het om 59 spesiale vyfster kersetes voor te berei vir behoeftige mense. Kersgeskenke vir Pennies se kleuters asook pennies se “Ultimate Christmas” projek. Die kleuters se geskenke en die kos en kruidenierspakkies vir die 350 behoeftige middestad-gesinne is besig om al meer te word in die kerk se voorportaal.
    Posted 12 Dec 2011 10:37 by Corrie Naude
  • 'n Kerssangfees! 27 November was dit 'n Kerssangfees wat nog baie vir die toekoms voorspel. Ons is dankbaar vir die verskeidenheid in ons gemeente: Die kleuters wat geskenkies uitdeel, die koor wat suiwer sing, die jnr juig sing met bewegings. Dit was hoendervleis om saam met die aand se "band" meegesleur te word met Koes Doep se Somerkersfees. En te sing. En as mense vorentoe stap om (met 'n geskenkie aan die groot boom) dankie te sê vir mense, voorsiening, en beskerming - dan kon mens sien hierdie dankbaarheid vir die jaar kom uit die hart uit. Mag dit die begin wees van 'n kersseisoen waar die Lig weer 'n keer sigbaar na die wêreld toe kom!
    Posted 28 Nov 2011 13:01 by Naude Kritzinger
  • 'n SendingFEES 4-11 September was 'n wonderlike en geseende tyd gewees met ons sendingfees. Michael Hack, van OM (Operasie Mobilisasie) het die vlam in ons gemeente se sendingywer weer opnuut aangeblaas as hoofspreker. 'n Sendingstap en piekniek op die Sondag-middag was ook heerlik. En ons is so dankbaar: Die Geloofsbelofte-offer beloop R431 000, meer as R100 000 meer as wat die vorige jaar belowe is. Hier op die foto is die sendingstap wat hierdie jaar Vrydag-aand was. Ons kon die Lig letterlik ons omgewing indra. Met die geel hemp is ds Christo Verkeuyl, ons sendeling in die Fillipyne wat die opening waargeneem het.
    Posted 23 Sep 2011 06:23 by Naude Kritzinger
  • 'n Heerlike, Geseënde Basaar Die Here het ons weereens geseën met 'n heerlike gesellige basaar. Die gees en betrokkenheid by Vrydag-aand se spin-om-die-wêreld was iets besonders. En Saterdag se saamwees, saamspeel en saameet saam met al die lande van die wêreld was 'n fees. 'n Voorlopige bedrag van meer as R61 000 is met die poging gemaak. Dankie vir elkeen van julle wat daarin deel gehad het.
    Posted 30 May 2011 07:14 by Naude Kritzinger
  • 'n Alte-lekker Jnr Jeugkamp Die Here het ons weer geseen met 'n wonderlike naweek saam met die laerskoolkinders van 11 tot 13 Maart. Die kamp was by Alte-lekker jeugkampterrein (vir ons 'n eerste). Dank die Here vir elke pragtige kind. En dankie aan die personeel wat hulle gawes so entoesiasties uitleef.
    Posted 14 Mar 2011 03:18 by Naude Kritzinger
Showing posts 1 - 5 of 27. View more »


Gemeentedagboek