Uurlikse weervoorspelling vir die Jonkershoekberge


21days since
Next Meet

Recent site activity

  • Vorms
    attachment removed by Peter Jan Randewijk
    attachment from Peter Jan Randewijk
  • Foto Galery
    edited by Peter Jan Randewijk
  • Vorms
    attachment from Peter Jan Randewijk
  • View All

Verken - Ontdek - Ontmoet - Bewaar

BKSA Stellenbosch - Bergpiek/Groep Fotos

Die Stellenbosch Afdeling van die Bergklub van Suid-Afrika. 

Die Stellenbosch Afdeling van die Bergklub van Suid-Afrika is aan die voet van die Jonkershoekberge in Stellenbosch gesetel en is een van die 14 Afdelings wat deel uitmaak van die, beter bekend op sy Engelse naam, Mountain Club of South Africa.

Die Stellenbosch Afdeling is in 1953 herstig en het sy eie unieke Afrikaanse identiteit.  Die afdeling het 'n ledetal van net onder die 200 vanoor die hele Wes-Kaap met 'n paar bitter einders in ander dele van Suid-Afrika en selfs in die buiteland.

'n Verskeidenheid van aktiwiteite word deur die Klub aangebied en wissel van rustige kindervriendelike gesinsuitstappies (beide dag- en naweek uitstappies vir die ouer kinders) minder rustig daguitstappies, sonder blootstelling, soos bv. Helderberg, Simonsberg, Victoriapiek, ens. en dan natuurlik die tradisionele "B" en "C" uitstappie, bv. Pieke, Rifberg, Katedraal, Cascades, ens.  'n Hele aantal kloof uitstappies word ook aangebied asook abseil roetes soos bv. Eikenhofkloof, Volstruiskloof en Groothoekkloof.

Statistiek van Klubaktiwiteite vir 2011

50 verskillende uitstappies, werksaktiwiteite en sosiale geleenthede is via die omsendbrief en die e-pos bediener aan lede en aansoekers gekommunikeer. Nege (9) van die beplande aktiwiteite het nie plaasgevind nie, ses (6) as gevolg van die weer, twee (2) weens te min belangstelling of kansellasie deur die leier en een (1) as gevolg van die feit dat ons nie toegang tot die Winterhoek Wildernis Gebied kon verkry nie a.g.v. veld rehabilitasie 'n verwoestende veldbrand die vorige jaar. Van die 41 uitstappies wat wel plaasgevind het, was:
  • 23 daguitstappe,
  • 18 naweekuitstappies
  • 3 rotsklimuitstappies
  • 2 werksdae
  • 4 sosiale geleenthede (skyfievertonings)


For English visitors to our site.

Although the Stellenbosch Section of the Mountain Club of South Africa (MCSA) is mostly Afrikaans-speaking, the members all share a common love for the mountains.

English speaking mountaineers and hikers are more than welcome to join us.

Click here to view the site in English.


Mountain Club of South Africa Stellenbosch Section