Klik hieronder vir meer:
Aantal besoekers: |
Hierdie is die webtuiste vir die Le Roux-familiebond. Die bond sal graag alle afstammelinge van die stamvaders Jean en Gabriël van Blois, en Jean van Normandie wil betrek. Indien jy wil aansluit of met ons wil kontak maak, stuur asb jou kontakbesonderhede aan ons. Lidmaatskap is R200 eenmalig vir lewenslange lidmaatskap. Ons sal graag ook bestaande lede se e-posadresse wil ontvang om toekomstige korrespondensie te bespoedig. Stuur asseblief ook nuusbrokkies. Persone wat belangstel in hulle Le Roux-stambome word verwys na die volgende publikasies: 1. Die families Le Roux in SA, deur Kathleen J. le Roux, Genealogiepublikasie nr.33, Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, 1991. Eksemplare kan van die Familiebond bestel word teen R275 elk, plus posgeld. 2. Om aan te Proux, deur Dr. Willem G. le Roux, uitgegee deur die skrywer, 1988. Uit druk uit.
|
Bestuur:
Niel le Roux (Voorsitter)
Berryoni le Roux (Onder-voorsitter en Sekretaresse)
Antoine le Roux
David le Roux
David L. le Roux
Pierre le Roux
Paul le Roux
