Seekamp is ‘n jaarlikse Christelike kamp wat aangebied word in die Julie skoolvakansie deur Ekwilibrium Staatmakers te Boknesstrand (Ooskaap).
Die kamp is gerig op hoërskoolkinders sowel as kinders van die Abraham Kriel- Langlaagte en Ferlands Kinderhuis Linden. Die kamp se doel is om van onsself aandie kinders te gee en uiteindelik hierdie sin van gemeenskap in die leiers van môre te kweek. Elke jaar neem ons sowat 100 kinders af see toe vir die week van hul lewens.
Ons bied op die kamp in klein groepsaktiwiteite soos: visvang, stap, snorkel, perdry, rotsklim, roei, fietsry, lewensredding, asook oorlewing aan. Daar word ook aan verskeie instansies, museums, monumente, en algemene besienswaardighede besoek afgelê en dus vorm kultuur ook ‘n integrale deel van Seekamp. Sien asseblief kampbrief vir meer inligting.
Die Ekwilibrium Staatmakers groep bestaan uit ongeveer 30 studente/jong werkende vrywilligers wat verantwoordelik is vir die organisering, fondsinsameling en aanbieding van Seekamp.
Die Ekwilibrium Staatmakers is deel van die Voortrekker jeugbeweging (welsynsnommer 021-962-NPO) en is dus deur die jaar ook betrokke by ander jeug/gemeenskap aktiwiteite. |
